Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 27:6-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Hierdie Benaja was 'n sterk leier onder die dertig dapper manne van Dawid en in bevel van die dertig. Sy seun Ammisabad was na hom in bevel van die afdeling.

7. Die vierde, vir die vierde maand, was Asael broer van Joab en ná hom sy seun Sebadja.

8. Die vyfde, vir die vyfde maand, was die aanvoerder Samhut, uit Jisrag.

9. Die sesde, vir die sesde maand, was Ira seun van Ikkes, uit Tekoa.

10. Die sewende, vir die sewende maand, was Geles, uit Pelon in Efraim.

11. Die agste, vir die agste maand, was Sibbekai, van Gusa uit die Seraggroep.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 27