Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 27:14-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

14. Die elfde, vir die elfde maand, was Benaja, uit Piraton in Efraim.

15. Die twaalfde, vir die twaalfde maand, was Geled, van Netofa uit die Otniëlgroep. Elkeen van hierdie afdelings was vier en twintig duisend sterk.

16. Die beheer oor die Israelitiese stamme was soos volg: Die hoofamptenaar Eliëser seun van Sikri was oor die Rubeniete; Sefatja seun van Maäka oor die Simeoniete;

17. Gasabja seun van Kemuel oor Levi; Sadok oor die Aäroniete;

18. Elihu, uit die broers van Dawid, oor Juda; Omri seun van Migael oor Issaskar;

19. Jismaja seun van Obadja oor Sebulon; Jerimot seun van Asriël oor Naftali;

20. Hosea seun van Asasja oor die Efraimiete; Joël seun van Pedaja oor die halwe Manassestam;

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 27