Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 27:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Hier volg 'n opgawe van die Israelitiese familiehoofde, die aanvoerders van duisend en honderd, en die toesighoudende amptenare wat in diens van die koning gestaan het met betrekking tot alles rakende die afdelings wat deur die jaar elke maand omgeruil het. Elke afdeling het uit vier en twintig duisend man bestaan.

2. Jasobam seun van Sabdiël was in bevel van die eerste afdeling, dié vir die eerste maand.

3. Hy was uit die Peresgroep en was gedurende die eerste maand hoof van al die leëraanvoerders.

4. Dodai uit Agoag was in bevel van die afdeling vir die tweede maand. Sy afdeling se hoofaanvoerder was Miklot.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 27