Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 21:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Satan was teen Israel. Hy het Dawid aangehits om 'n sensus van Israel te hou.

2. Dawid het vir Joab en die gesaghebbers van die volk gesê: “Gaan maak 'n opname van Israel van die suide tot die noorde en doen aan my verslag dat ek kan weet hoeveel hulle is.”

3. Toe sê Joab: “Selfs al sou die Here by sy volk honderd keer soveel byvoeg as wat hulle nou is, sal u mos nog koning wees! Hulle is mos almal u onderdane. Waarom wil u dit doen, U Majesteit? Waarom moet dit nou 'n sondelas op Israel word?”

4. Maar die koning se bevel aan Joab het bly staan. Joab het vertrek, die hele Israel deurgegaan en na Jerusalem toe teruggekom,

5. waar hy die resultaat van die volkstelling aan Dawid oorhandig het. Israel was in totaal een miljoen een honderd duisend weerbare man en Juda vier honderd en sewentig duisend.

6. Die Leviete en die Benjaminiete het hy nie bygereken nie, want die bevel van die koning het vir Joab 'n gruwel gebly.

7. In die oë van God was die saak verkeerd en Hy het Israel dan ook daaroor swaar gestraf.

8. Dawid het teenoor God bely: “Ek het swaar gesondig toe ek hierdie ding gedoen het. Vergewe tog nou my oortreding! Waarlik, ek het baie dwaas opgetree.”

9. Die Here sê toe vir Gad, die siener van Dawid:

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 21