Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 19:4-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

4. Ganun het toe Dawid se gesante gevat, hulle kaal geskeer, hulle klere net onderkant die heupe afgesny en hulle gelos.

5. Hulle is toe daar weg, en die nuus oor die manne is aan Dawid meegedeel. Hy het toe boodskappers na hulle toe gestuur, want die manne was baie skaam.Die koning het laat weet: “Bly voorlopig in Jerigo totdat julle baard gegroei het en kom dan huis toe.”

6. Die Ammoniete het geweet dat hulle hulle by Dawid in onguns gebring het. Daarom het Ganun en die Ammoniete vier en dertig ton silwer gestuur om vir hulle by die Arameërs van Mesopotamië en by die Arameërs van Maäka en by Soba bemande strydwaens en 'n berede mag te huur.

7. Hulle het vir hulle twee en dertig duisend strydwaens gehuur. Daarmee saam het die koning van Maäka en sy leërmag gekom en hulle het regoor Medeba kamp opgeslaan. Die Ammoniete het ook bymekaargekom uit hulle stede en uitgetrek vir die oorlog.

8. Toe Dawid dit hoor, het hy vir Joab met die hele leër gestuur, almal dapper manne.

9. Die Ammoniete het opgeruk en hulle gevegslinies voor die stad opgestel. Die konings wat hulle kom help het, was in die oop veld.

10. Joab het opgemerk dat hy aan twee kante sou moes veg, voor en agter. Hy het toe 'n aantal van die beste manne uit Israel gekies en teenoor die Arameërs laat stelling inneem.

11. Die res van die leër het hy onder aanvoering van sy broer Abisai geplaas en hulle teenoor die Ammoniete laat stelling inneem.

12. Hy het gesê: “As die Arameërs vir my te sterk is, moet jy my kom help, en as die Ammoniete vir jou te sterk is, sal ek jou kom help.

13. Wees dapper, ja, laat ons almal dapper wees ter wille van ons volk en die stede van ons God. Mag die Here doen soos Hy dit goedvind.”

14. Joab en sy manne het opgeruk om teen die Arameërs te veg, maar hulle het vir hom gevlug.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 19