Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 19:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Na hierdie gebeure is koning Nagas van die Ammoniete oorlede. Sy seun het hom opgevolg,

2. en Dawid het gedink: ek wil met Nagas se seun Ganun op goeie voet bly, want sy pa was my goedgesind. Dawid het toe gesante gestuur om met hom deelneming te betuig oor die dood van sy pa. Toe die amptenare van Dawid in die land van die Ammoniete by Ganun kom om met hom deelneming te betuig,

3. het die leiers van die Ammoniete vir Ganun gesê: “Dink u werklik Dawid vereer u vader deur boodskappers te stuur om met u te simpatiseer? Het sy amptenare nie eerder na u toe gekom om die land deur te kyk en hier onrus te stook en inligting in te samel nie?”

4. Ganun het toe Dawid se gesante gevat, hulle kaal geskeer, hulle klere net onderkant die heupe afgesny en hulle gelos.

5. Hulle is toe daar weg, en die nuus oor die manne is aan Dawid meegedeel. Hy het toe boodskappers na hulle toe gestuur, want die manne was baie skaam.Die koning het laat weet: “Bly voorlopig in Jerigo totdat julle baard gegroei het en kom dan huis toe.”

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 19