Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 18:12-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Abisai seun van Seruja het agtien duisend man van Edom in die Soutvlakte verslaan

13. en in Edom besettingsposte ingerig, sodat die hele Edom onderhorig aan Dawid geword het. Die Here het vir Dawid gehelp net waar hy gegaan het.

14. Dawid was koning oor die hele Israel en hy het sy hele volk met reg en billikheid geregeer.

15. Joab seun van Seruja is aangestel oor die leër, en Josafat seun van Agilud was hoof uitvoerende beampte.

16. Sadok seun van Agitub, en Agimelek seun van Abjatar was priesters, en Sausa was staatsekretaris.

17. Jojada se seun Benaja is aangestel oor die koning se Filistynse lyfwag. Die ouer seuns van koning Dawid was in sy persoonlike diens.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 18