Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 16:6-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Die priesters Benaja en Jagasiël het aanhoudend op die trompette geblaas voor die verbondsark van God uit.

7. Dit was op daardie selfde dag dat Dawid die eerste keer die “Loof die Here” deur Asaf en sy ampsgenote laat sing het:

8. Loof die Here. Roep Hom aan!Maak aan die nasies bekend wat Hy gedoen het.

9. Sing liedere, sing tot sy eer,vertel van al sy magtige dade.

10. Roem sy heilige Naam,laat dié wat die teenwoordigheid van die Here soek, bly wees.

11. Soek hulp en beskerming by die Here,soek gedurig sy teenwoordigheid.

12. Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het,aan sy wonders, aan die reddingsdade op sy bevel,

13. julle, nageslag van Israel, sy dienaar,nakomelinge van Jakob vir wie Hy uitverkies het.

14. Hy, die Here, is ons God,sy reddingsdade strek oor die hele aarde.

15. Onthou, sy verbond is vir altyd,die belofte wat Hy aan duisende geslagte toegesê het,

16. die verbond wat Hy met Abraham gesluit het,sy eed aan Isak.

17. Hy het dit vir Jakob bevestig as 'n vaste toesegging,vir Israel as verbond wat altyd sal bestaan.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 16