Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 16:13-29 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. julle, nageslag van Israel, sy dienaar,nakomelinge van Jakob vir wie Hy uitverkies het.

14. Hy, die Here, is ons God,sy reddingsdade strek oor die hele aarde.

15. Onthou, sy verbond is vir altyd,die belofte wat Hy aan duisende geslagte toegesê het,

16. die verbond wat Hy met Abraham gesluit het,sy eed aan Isak.

17. Hy het dit vir Jakob bevestig as 'n vaste toesegging,vir Israel as verbond wat altyd sal bestaan.

18. Hy het gesê:“Ek gee Kanaän vir jouas grondgebied en eiendom,

19. al is julle maar min,net 'n paar mense, en vreemdelinge in die land.”

20. Toe hulle van volk na volk geswerf het,van die gebied van die een volk na dié van 'n ander,

21. het Hy niemand toegelaat om hulle te verdruk nie,en het Hy selfs konings ter wille van hulle gewaarsku:

22. “Moenie aan my gesalfdes raak nie,moenie my profete kwaad aandoen nie!”

23. Sing tot eer van die Here, almal op aarde!Verkondig elke dag sy reddingsdade!

24. Vertel die nasies van sy mag,al die volke van sy magtige dade.

25. Die Here is groot, al die lof kom Hom toe,ontsagwekkend is Hy bo alle gode.

26. Al die gode van die volke is niks:dit is die Here wat die hemele gemaak het.

27. Majesteit en luister straal van Hom uit,krag en vreugde vul die plek waar Hy is.

28. Prys die Here, alle volke,prys die Here om sy eer en mag!

29. Prys die Here om die eer van sy Naam!Kom na Hom toe, bring vir Hom offers!Buig voor die Here by sy heilige verskyning;

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 16