Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 14:12-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. Die Filistyne het in hulle haas selfs hulle gode daar gelos. Dawid het opdrag gegee dat die gode verbrand moet word, en dit is gedoen.

13. Toe die Filistyne weer 'n keer in die laagte ontplooi,

14. het Dawid God weer geraadpleeg. God het vir hom gesê: “Moenie agter hulle aan optrek nie; maak 'n omsingelingsbeweging van hulle af weg en val hulle aan regoor die melkbosse.

15. Wanneer jy 'n geritsel in die toppe van die melkbosse hoor, moet jy aanval, want dan trek God voor jou uit om die leër van die Filistyne te verslaan.”

16. Dawid het gemaak soos God gesê het, en hulle het die Filistyne verslaan van Gibeon af tot by Geser.

17. Dawid se roem het na alle lande toe versprei, en die Here het al die nasies vir hom ontsag laat kry.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 14