Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 14:10-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Dawid het God geraadpleeg en gevra: “Moet ek teen die Filistyne opruk? Sal U hulle in my mag oorgee?”Die Here het hom geantwoord: “Trek op, Ek gee hulle aan jou oor.”

11. Die Filistyne het toe opgetrek na 'n groot kloof en daar het Dawid hulle verslaan. Dawid het daarna gesê: “God het my vyande met my hand gekloof soos water 'n wal kloof!”Dit is waarom hulle daardie plek Grootkloof noem.

12. Die Filistyne het in hulle haas selfs hulle gode daar gelos. Dawid het opdrag gegee dat die gode verbrand moet word, en dit is gedoen.

13. Toe die Filistyne weer 'n keer in die laagte ontplooi,

14. het Dawid God weer geraadpleeg. God het vir hom gesê: “Moenie agter hulle aan optrek nie; maak 'n omsingelingsbeweging van hulle af weg en val hulle aan regoor die melkbosse.

15. Wanneer jy 'n geritsel in die toppe van die melkbosse hoor, moet jy aanval, want dan trek God voor jou uit om die leër van die Filistyne te verslaan.”

16. Dawid het gemaak soos God gesê het, en hulle het die Filistyne verslaan van Gibeon af tot by Geser.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 14