Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 14:1-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Koning Hiram van Tirus het 'n afvaardiging na Dawid toe gestuur, en ook sederhout, geskoolde messelaars en skrynwerkers om vir hom 'n huis te bou.

2. Dawid het toe besef dat die Here hom as koning oor Israel bevestig het, want sy koningskap het hoë aansien gekry ter wille van die Here se volk Israel.

3. In Jerusalem het Dawid met nog vrouens getrou en het hy die vader van nog seuns en dogters geword.

4. Hier is die name van die kinders wat in Jerusalem vir hom gebore is: Sima, Sobab, Natan, Salomo,

5. Jibgar, Elisua, Elpelet,

6. Noga, Nefeg, Jafia,

7. Elisama, Eljada en Elifelet.

8. Toe die Filistyne verneem dat Dawid tot koning oor die hele Israel gesalf is, het hulle almal teen hom opgetrek. Dawid het dit gehoor en hulle tegemoet getrek.

9. Die Filistyne het in die Spooklaagte aangekom en daar ontplooi.

10. Dawid het God geraadpleeg en gevra: “Moet ek teen die Filistyne opruk? Sal U hulle in my mag oorgee?”Die Here het hom geantwoord: “Trek op, Ek gee hulle aan jou oor.”

11. Die Filistyne het toe opgetrek na 'n groot kloof en daar het Dawid hulle verslaan. Dawid het daarna gesê: “God het my vyande met my hand gekloof soos water 'n wal kloof!”Dit is waarom hulle daardie plek Grootkloof noem.

12. Die Filistyne het in hulle haas selfs hulle gode daar gelos. Dawid het opdrag gegee dat die gode verbrand moet word, en dit is gedoen.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 14