Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 12:1-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Die volgende manne het al in Siklag by Dawid aangesluit toe hy nog verban was deur Saul seun van Kis. Hulle het tot Dawid se groep dapper manne behoort en was sy strydmakkers in die oorlog.

2. Hulle was bewapen met pyl en boog en kon ewe goed met die regter- as met die linkerhand slingervel gooi en boog skiet. Hulle was van Saul se stamgenote uit Benjamin.

3. Die leier was Agiëser; verder was daar Joas seun van Semaä uit Gibea; Jesiël en Pelet, seuns van Asmawet; Beraka, Jehu uit Anatot,

4. Jismaja uit Gibeon, 'n held onder die dertig helde en selfs beter as hulle; Jeremia, Jagasiël, Joganan, Josabad uit Gedera,

5. Elusai, Jerimot, Bealja, Semarja, Sefatja uit Garif;

6. Elkana, Jissija, Asarel, Joëser en Jasobam uit Korag;

7. Joëla en Sebadja, seuns van Jerogam, uit Gedor.

8. Daar het ook van die Gadiete oorgeloop na Dawid toe, na sy bergskuiling toe in die woestyn. Hulle was helde, krygsmanne, reg vir oorlog, bewapen met 'n groot skild en 'n spies, vreesaanjaend soos leeus en so vinnig soos wildsbokke op die berge.

9. Eser was die hoof, Obadja tweede in rang, Eliab derde,

10. Mismanna vierde, Jeremia vyfde,

11. Attai sesde, Eliël sewende,

12. Joganan agste, Elsabad negende,

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 12