Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 2:42-47 Afrikaans 1983 (AFR83)

42. het hy hom laat kom en vir hom gesê: “Ek het jou dan 'n eed voor die Here laat aflê en jou gewaarsku: ‘Die dag as jy hier uitgaan, dit maak nie saak waarheen nie, is jy dood; dit moet jy beslis weet.’ Jy het nog vir my gesê: ‘Dit is goed so. Ek het gehoor.’

43. “Waarom het jy jou dan nie aan hierdie eed voor die Here en die bevel wat ek jou gegee het, gehou nie?”

44. Die koning het verder vir Simeï gesê: “Jy weet in jou hart watter leed jy my pa aangedoen het. Mag die Here daardie leed op jou eie kop laat afkom,

45. maar mag dit met my voorspoedig gaan en mag die troon van Dawid vir altyd bestendig wees voor die Here.”

46. Die koning het vir Benaja seun van Jojada gestuur, en dié het vir Simeï doodgemaak.

47. So het Salomo 'n stewige houvas op die koningskap gekry.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 2