Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 2:37-46 Afrikaans 1983 (AFR83)

37. Die dag as jy hier uitgaan en jou voete oor Kedronspruit sit, is jy dood. Dit moet jy beslis weet. Dit sal jou eie skuld wees.”

38. Simeï sê toe vir die koning: “Dit is goed so. Ek sal die bevel van die koning eerbiedig.”Simeï het toe 'n hele tyd lank net in Jerusalem gebly,

39. maar na drie jaar het twee van sy slawe weggeloop na koning Akis van Gat, seun van Maok, toe. Toe Simeï hoor dat sy slawe in Gat is,

40. het hy sy donkie opgesaal en na Gat toe gegaan om sy slawe daar by Akis te soek. Simeï het net gegaan en sy slawe uit Gat uit teruggebring,

41. maar toe Salomo hoor dat Simeï uit Jerusalem na Gat toe was en terug is,

42. het hy hom laat kom en vir hom gesê: “Ek het jou dan 'n eed voor die Here laat aflê en jou gewaarsku: ‘Die dag as jy hier uitgaan, dit maak nie saak waarheen nie, is jy dood; dit moet jy beslis weet.’ Jy het nog vir my gesê: ‘Dit is goed so. Ek het gehoor.’

43. “Waarom het jy jou dan nie aan hierdie eed voor die Here en die bevel wat ek jou gegee het, gehou nie?”

44. Die koning het verder vir Simeï gesê: “Jy weet in jou hart watter leed jy my pa aangedoen het. Mag die Here daardie leed op jou eie kop laat afkom,

45. maar mag dit met my voorspoedig gaan en mag die troon van Dawid vir altyd bestendig wees voor die Here.”

46. Die koning het vir Benaja seun van Jojada gestuur, en dié het vir Simeï doodgemaak.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 2