Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 15:1-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. In die agtiende regeringsjaar van Jerobeam seun van Nebat het Abia koning oor Juda geword,

2. en hy het drie jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Maäka, 'n dogter van Abisalom.

3. Abia het dieselfde sondes as sy pa gedoen, en hy was nie so getrou aan die Here as sy voorvader Dawid nie.

4. Dit is ter wille van Dawid dat die Here sy God aan hom 'n nakomeling gegee het om in Jerusalem te regeer en die stad in stand te hou.

5. Dit was omdat Dawid gedoen het wat reg is in die oë van die Here, en sy lewe lank nooit die opdragte van die Here verontagsaam het nie, behalwe in die geval van Urija die Hetiet.

6. Gedurende Rehabeam se hele regering was daar oorlog tussen hom en Jerobeam.

7. Die ander verhale oor Abia en alles wat hy gedoen het, is opgeteken in die annale van die konings van Juda. Daar was ook oorlog tussen Abia en Jerobeam.

8. Abia is oorlede, en hy is begrawe in die Dawidstad. Sy seun Asa het hom as koning opgevolg.

9. In die twintigste regeringsjaar van koning Jerobeam van Israel het Asa koning geword van Juda.

10. Hy het een en veertig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ouma was Maäka, 'n dogter van Abisalom.

11. Asa het gedoen wat reg is in die oë van die Here, soos sy voorvader Dawid.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 15