Ou Testament

Nuwe Testament

Titus 3:10-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Met iemand wat na twee vermanings nog skeuring veroorsaak, moet jy niks te doen hê nie,

11. omdat jy weet dat so 'n man op die verkeerde pad is. Deur sy sonde bring hy die oordeel oor homself.

12. Sodra ek vir Artemas of Tigikus na jou toe stuur, moet jy probeer om na my toe te kom in Nikopolis, want ek het besluit om die winter daar oor te bly.

13. Doen ook jou bes om vir Senas, die regsgeleerde, en Apollos voort te help op hulle reis, en sorg dat hulle niks kortkom nie.

14. Ons mense moet ook leer om met eerlike werk in die noodsaaklike lewensbehoeftes te voorsien. Dan sal hulle lewe nie onvrugbaar wees nie.

15. Almal wat hier by my is, stuur vir jou groete. Gee ons groete aan ons vriende in die geloof.Die genade sal by julle almal wees!

Lees volledige hoofstuk Titus 3