Ou Testament

Nuwe Testament

Titus 2:1-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Maar jy moet verkondig wat in ooreenstemming is met die gesonde leer.

2. Sê vir die ouer mans hulle moet nugter wees, eerbaar, verstandig, gesond en vas in geloof, liefde en volharding.

3. Net so moet jy ook vir die ouer vroue sê hulle gedrag moet dié wees van mense wat 'n heilige lewe lei. Hulle moenie kwaadpraat of aan drank verslaaf wees nie. Hulle moet goeie raad kan gee,

4. sodat hulle die jonger vrouens kan leer om liefdevol teenoor hulle mans en kinders te wees,

5. verstandig en kuis, goeie huisvrouens, onderdanig aan hulle mans. Dan sal die woord van God nie in diskrediet kom nie.

6. Net so moet jy die jonger mans vermaan om hulle verstandig te gedra.

7. In alles moet jy self vir hulle 'n voorbeeld stel van goeie werk, suiwerheid in die leer, waardigheid in gedrag,

8. gesonde en onaanvegbare prediking. Dan sal elke teenstander in die verleentheid kom dat hy niks slegs van ons sal kan sê nie.

9. Die slawe moet in alles aan hulle eienaars onderdanig wees en hulle tevrede stel. Hulle moenie teëpraat

10. of iets vat nie; hulle moet bewys dat hulle in alles betroubaar is. So sal hulle in alles wat hulle doen, die aansien van die leer van God ons Verlosser verhoog.

Lees volledige hoofstuk Titus 2