Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 15:26-33 Afrikaans 1983 (AFR83)

26. Die gemeentes in Masedonië en Agaje het dit naamlik goedgedink om iets by te dra vir die armes onder die gelowiges in Jerusalem.

27. Hulle het self so besluit, en hulle is dit buitendien ook verskuldig, want as die gelowiges uit die Jode hulle geestelike rykdom met die heidennasies gedeel het, is die gelowiges uit die heidene dit aan die gelowiges uit die Jode verskuldig om hulle met stoflike hulp by te staan.

28. As ek daarmee klaar is en die volle bedrag wat ingesamel is, veilig aan hulle besorg het, sal ek by julle langs na Spanje toe reis.

29. Ek weet dat as ek na julle toe kom, dit met die volle seën van Christus sal wees.

30. Ek versoek julle dan dringend, broers, in die Naam van ons Here Jesus Christus en op grond van die liefde wat van die Heilige Gees kom: Stry saam met my deur vir my te bid

31. dat God my veilig mag hou tussen al die ongelowiges in Judea en dat my hulp aan Jerusalem aanvaarbaar mag wees vir die gelowiges daar.

32. En as dit die wil van God is, sal ek vol blydskap na julle toe kom om 'n tydjie by julle te rus.

33. God wat vrede gee, sal by julle almal wees! Amen.

Lees volledige hoofstuk Romeine 15