Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 11:1-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. “Het God dan nie tog sy volk verstoot nie?” sou iemand kon vra.Beslis nie! Ek is immers self ook 'n Israeliet, 'n afstammeling van Abraham, uit die stam Benjamin.

2. God het sy volk, wat Hy lank tevore verkies het, nie verstoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif sê van Elia nie, hoe hy by God oor Israel gekla het:

3. “Here, hulle het u profete doodgemaak en u altare afgebreek, en net ek het oorgebly, en hulle wil my ook om die lewe bring.”

4. Maar wat het God hom geantwoord? “Ek het vir My sewe duisend manne laat oorbly wat nie vir Baäl aanbid het nie.”

5. Net so is dit ook vandag: daar is 'n oorblyfsel wat uit genade deur God uitverkies is.

6. En as dit uit genade is, dan is dit nie uit verdienste nie, anders sou die genade nie meer genade wees nie.

7. Waarop kom dit dan neer?Hierop: wat Israel soek, het hy nie gekry nie; die uitverkorenes het dit gekry. Die ander is verhard,

8. soos daar geskrywe staan:“God het aan hulle 'n gees gegeewat hulle bedwelm het:oë wat nie sien nieen ore wat nie hoor nie,tot vandag toe nog.”

9. En Dawid sê:“Mag hulle maaltye vir hulle 'n vangstrik en 'n val worden 'n struikelblok en 'n straf.

10. Mag hulle oë verduister word dat hulle nie sien nie;en buig hulle rug vir altyd krom.”

Lees volledige hoofstuk Romeine 11