Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 1:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Van Paulus, 'n dienaar van Christus Jesus, geroep om apostel te wees, afgesonder vir die evangelie van God.

2. Hierdie evangelie het Hy vooruit deur sy profete in die Heilige Skrif aangekondig,

3. en dit handel oor sy Seun. As mens is Hy uit die geslag van Dawid gebore;

4. op grond van sy opstanding uit die dood is Hy deur die Heilige Gees aangewys as die Seun van God wat met mag beklee is, Jesus Christus ons Here.

5. Deur Hom het ek die genade ontvang om apostel te wees onder al die heidennasies, om tot eer van sy Naam mense tot geloof en so tot gehoorsaamheid te bring.

Lees volledige hoofstuk Romeine 1