Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 26:66-75 Afrikaans 1983 (AFR83)

66. Wat dink julle?”Hulle het geantwoord: “Hy verdien die dood!”

67. Toe het hulle in sy gesig gespoeg en Hom met die vuis geslaan. Hulle het Hom geklap

68. en gesê: “Jy is mos 'n profeet, Christus! Sê vir ons, wie het jou geslaan?”

69. Petrus het buite in die binnehof gesit toe 'n diensmeisie na hom toe kom en sê: “Jy was ook saam met Jesus die Galileër.”

70. Maar hy het dit voor almal ontken: “Ek weet nie waarvan jy praat nie.”

71. Hy gaan toe na die uitgang van die binnehof. Daar sien 'n ander diensmeisie hom en sê vir dié wat daar staan: “Hierdie man was saam met Jesus van Nasaret.”

72. Weer het Petrus dit ontken en met 'n eed gesê: “Ek ken die man nie!”

73. 'n Rukkie later kom die manne wat daar staan, na Petrus toe en sê: “Dit is waar, jy is ook een van hulle. 'n Mens kan dit aan jou spraak hoor.”

74. Toe begin hy vloek, en hy sweer: “Ek ken die man nie!”

75. En op daardie oomblik het daar 'n haan gekraai. Toe val dit Petrus by wat Jesus gesê het: “Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën.” En hy het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil.

Lees volledige hoofstuk Matteus 26