Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 26:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Nadat Jesus oor al hierdie dinge klaar gepraat het, het Hy vir sy dissipels gesê:

2. “Julle weet dat dit oor twee dae paasfees is. Dan word die Seun van die mens oorgelewer om gekruisig te word.”

3. In daardie tyd het die priesterhoofde en die familiehoofde van die volk bymekaargekom in die woning van Kajafas, die hoëpriester.

4. Hulle het daar saam planne gemaak om Jesus op 'n slinkse manier gevange te neem en dood te maak.

5. Hulle het egter gesê: “Nie op die fees nie, sodat daar nie oproer onder die volk kom nie.”

6-7. Terwyl Jesus in Betanië in die huis van Simon die melaatse aan tafel was, het 'n vrou by Jesus gekom met 'n albaste fles baie kosbare reukolie en dit op sy kop uitgegiet.

8. Toe die dissipels dit sien, was hulle verontwaardig. “Waarom so 'n verkwisting?” vra hulle.

Lees volledige hoofstuk Matteus 26