Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 24:46-51 Afrikaans 1983 (AFR83)

46. Dit is die slaaf vir wie sy eienaar by sy tuiskoms so aan die werk sal kry. Gelukkig is hy!

47. Dit verseker Ek julle: Hy sal hom aanstel oor alles wat hy besit.

48. “Maar as dit 'n slegte slaaf is, sal hy by homself dink: my eienaar bly lank weg.

49. Dan sal hy die ander slawe begin slaan en saam met die dronkaards eet en drink.

50. Die eienaar van daardie slaaf sal op 'n dag kom dat hy dit nie verwag nie, en op 'n uur wat hy nie vooraf weet nie.

51. Dan sal sy eienaar hom laat doodmaak en hom die lot van huigelaars laat deel. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.”

Lees volledige hoofstuk Matteus 24