Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 22:24-36 Afrikaans 1983 (AFR83)

24. “Meneer, Moses het gesê: ‘As iemand sterwe sonder om kinders te hê, moet sy broer met die weduwee trou en 'n nageslag vir sy broer verwek.’

25. Nou was daar by ons sewe broers. Die oudste het getrou en gesterwe. Omdat daar nie kinders was nie, het sy broer met die weduwee getrou.

26. Dieselfde het gebeur met die tweede en die derde broer en uiteindelik met al sewe.

27. En heel laaste van almal het die vrou ook gesterwe.

28. Met die opstanding dan, wie se vrou sal sy wees? Al sewe het haar mos as vrou gehad.”

29. Maar Jesus antwoord hulle: “Julle dwaal omdat julle nie die Skrif en ook nie die krag van God ken nie.

30. Met die opstanding trou die mense nie meer nie, maar is hulle soos die engele in die hemel.

31. En wat die opstanding van die dooies betref, het julle dan nie gelees wat God vir julle gesê het nie:

32. ‘Ek is die God van Abraham, die God van Isak, en die God van Jakob’? Hy is nie die God van dooies nie maar van lewendes.”

33. Toe die skare dit hoor, was hulle verslae oor sy leer.

34. Toe die Fariseërs hoor dat Jesus die Sadduseërs die mond gesnoer het, het hulle bymekaargekom,

35. en een van hulle, 'n wetgeleerde, het Hom met 'n vraag probeer vastrek.

36. “Meneer,” vra hy, “wat is die grootste gebod in die wet?”

Lees volledige hoofstuk Matteus 22