Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 15:1-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. In dié tyd het daar Fariseërs en skrifgeleerdes van Jerusalem af by Jesus gekom en Hom gevra:

2. “Hoekom verontagsaam u dissipels die oorgelewerde gebruike van die voorgeslagte? As hulle gaan eet, was hulle nie hulle hande nie.”

3. “Waarom verontagsaam julle self die gebod van God ter wille van julle oorgelewerde gebruike?” het Jesus geantwoord.

4. “God het tog gesê: ‘Eer jou vader en jou moeder’ en: ‘Wie sy vader of sy moeder vloek, moet sekerlik doodgemaak word.’

5. Maar julle bepaal: ‘As iemand vir sy pa of sy ma sê: Die hulp wat u van my sou kon kry, maak ek 'n offergawe vir God,

6. dan hoef hy nie meer sy plig teenoor sy pa na te kom nie.’ So ontneem julle die woord van God sy gesag ter wille van julle oorgelewerde gebruike.

7. Huigelaars! Die profeet Jesaja het julle mooi opgesom toe hy gesê het:

8. “Hierdie volk eer My met hulle mond,maar hulle hart is ver van My af.

9. Dit help niks dat hulle My probeer diendeur leerstellings van menseas gebooie van God voor te hou nie.”

10. Toe het Jesus die menigte nader geroep en vir hulle gesê: “Julle moet nou luister en mooi verstaan!

Lees volledige hoofstuk Matteus 15