Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 13:46-58 Afrikaans 1983 (AFR83)

46. As hy 'n baie waardevolle pêrel raakloop, gaan verkoop hy alles wat hy het, en koop die pêrel.

47. “Verder gaan dit met die koninkryk van die hemel soos met 'n treknet wat in die see gegooi is en allerhande soorte vis vang.

48. As dit vol geword het, sleep hulle dit op die strand uit en gaan sit om die goeie vis in mandjies bymekaar te maak, maar die onbruikbares gooi hulle weg.

49. So sal dit by die voleinding van die wêreld wees. Die engele sal uitgaan en die slegtes skei van die goeies

50. en hulle in die brandende oond gooi. Daar sal hulle huil en op hulle tande kners.”

51. “Verstaan julle al hierdie dinge?”“Ja,” antwoord hulle Hom.

52. Hy sê toe vir hulle: “So is elke skrifgeleerde wat 'n leerling word in die koninkryk van die hemel, soos 'n huiseienaar wat uit sy voorraad nuwe en ou dinge te voorskyn bring.”

53. Toe Jesus hierdie gelykenisse klaar vertel het, het Hy daarvandaan weggegaan.

54. Hy het in die dorp gekom waar Hy grootgeword het, en Hy het die mense in hulle sinagoge so geleer dat hulle verstom was en gesê het: “Waar kry hy hierdie wysheid vandaan en die vermoë om die kragtige dade te doen?

55. Is hy dan nie die timmerman se seun nie? Is sy ma nie Maria en sy broers Jakobus, Josef, Simon en Judas nie?

56. En sy susters, is hulle nie almal hier by ons nie? Waar kry hy dan al hierdie dinge vandaan?”

57. En hulle wou niks van Hom weet nie.Jesus sê toe vir hulle: “'n Profeet word oral erken behalwe in die plek waar hy grootgeword het, en in sy familiekring.”

58. Vanweë hulle ongeloof het Hy daar nie baie wonderwerke gedoen nie.

Lees volledige hoofstuk Matteus 13