Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 6:8-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Verder het Hy hulle bevel gegee om niks vir die pad saam te vat nie, net 'n kierie — geen kos, geen reissak, geen geld in die beursie nie.

9. Hulle moes wel skoene aantrek maar nie nog 'n kledingstuk saamvat nie.

10. Daarby het Hy vir hulle gesê: “Waar julle in 'n plek kom en in 'n huis ontvang word, bly daar totdat julle van die plek af weggaan.

11. En as 'n plek julle nie wil ontvang en die mense nie na julle luister nie, gaan dan daarvandaan weg en skud selfs die stof onderaan julle voete af as aanklag teen hulle.”

12. Hulle het toe gaan verkondig dat die mense hulle moet bekeer.

13. Daarby het hulle baie bose geeste uitgedrywe en baie siekes met olie gesalf en gesond gemaak.

14. Koning Herodes het van Jesus gehoor, want sy Naam het bekend geraak. Party mense het gesê: “Johannes die Doper is uit die dood opgewek. Daarom werk die kragte in hom.”

15. En party het gesê: “Dit is Elia.”Ander het gesê: “Hy is 'n profeet soos een van die ou profete.”

Lees volledige hoofstuk Markus 6