Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 6:2-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. En toe die sabbatdag aanbreek, het Hy die mense in die sinagoge begin leer. Baie het na Hom geluister en is deur sy woorde aangegryp. Hulle het vir mekaar gesê: “Waar kom hy aan al hierdie dinge, en watter besondere gawe van wysheid het hy dat daar sulke kragtige dade deur sy hande plaasvind?

3. Is hy dan nie 'n timmerman, 'n seun van Maria en die broer van Jakobus, Joses, Judas en Simon nie? En is dit dan nie sy susters wat hier by ons woon nie?”Die mense wou niks van Hom weet nie.

4. Jesus sê toe vir hulle: “'n Profeet word oral erken behalwe in die plek waar hy grootgeword het, en in sy familiekring en sy gesin.”

5. Hy kon daar geen enkele wonderwerk doen nie, behalwe dat Hy sy hande op 'n paar siekes gelê en hulle gesond gemaak het.

6. Hy was verbaas oor die ongeloof van die mense.Daarna het Hy by die dorpies in die omtrek rondgegaan en die mense daar geleer.

7. Jesus het die twaalf nader geroep en hulle twee-twee begin uitstuur. Hy het aan hulle mag oor onrein geeste gegee.

8. Verder het Hy hulle bevel gegee om niks vir die pad saam te vat nie, net 'n kierie — geen kos, geen reissak, geen geld in die beursie nie.

Lees volledige hoofstuk Markus 6