Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 5:8-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. want Jesus het vir hom gesê: “Onrein gees, gaan uit die man uit!”

9. Hy het hom toe gevra: “Wat is jou naam?”“My naam is Legio,” antwoord hy Hom, “want ons is baie.”

10. Die man het Hom toe ernstig gesoebat om hulle nie uit die landstreek uit weg te stuur nie.

11. Daar naby teen die berg het 'n groot trop varke geloop.

12. Die onrein geeste het Hom toe gesmeek: “Stuur ons na die varke toe, sodat ons in hulle kan invaar!”

13. Hy het hulle dit toegelaat, en hulle het uitgegaan en in die varke ingevaar. Die hele trop van omtrent twee duisend het op loop gesit teen die hang af, die see in, en hulle het versuip.

14. Hulle wagters het weggehardloop en dit in die dorp en op die plase gaan vertel. Die mense het kom kyk wat daar gebeur het.

15. Toe hulle by Jesus kom en die besetene in wie die baie bose geeste was, daar sien sit met sy klere aan en by sy volle verstand, het hulle groot geskrik.

16. Dié wat alles gesien het, het vir hulle vertel wat met die besetene gebeur het, en ook van die varke.

17. Hulle het toe by Jesus daarop aangedring om uit hulle gebied uit weg te gaan.

18. Toe Jesus in die skuit klim, het die man wat van die duiwel besete was, by Hom daarop aangedring om saam met Hom te gaan.

Lees volledige hoofstuk Markus 5