Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 5:3-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Die man het tussen die grafte gebly. Niemand kon hom selfs met 'n ketting vasbind nie,

4. want hulle het hom al dikwels met voet- en handboeie vasgemaak, maar dan ruk hy die handboeie uitmekaar en skop die voetboeie stukkend. Niemand kon hom baasraak nie.

5. Hy was dag en nag aan die skreeu tussen die grafte en in die berge, en dan kap hy homself met klippe.

6. Hy het Jesus al van ver af gesien en nader gehardloop. Hy het voor Hom neergeval

7. en hard geskreeu: “Wat het U met my te doen, Jesus, Seun van God die Allerhoogste? Ek smeek U: In Gods Naam, moet my nie pynig nie!”

8. want Jesus het vir hom gesê: “Onrein gees, gaan uit die man uit!”

9. Hy het hom toe gevra: “Wat is jou naam?”“My naam is Legio,” antwoord hy Hom, “want ons is baie.”

10. Die man het Hom toe ernstig gesoebat om hulle nie uit die landstreek uit weg te stuur nie.

11. Daar naby teen die berg het 'n groot trop varke geloop.

12. Die onrein geeste het Hom toe gesmeek: “Stuur ons na die varke toe, sodat ons in hulle kan invaar!”

13. Hy het hulle dit toegelaat, en hulle het uitgegaan en in die varke ingevaar. Die hele trop van omtrent twee duisend het op loop gesit teen die hang af, die see in, en hulle het versuip.

14. Hulle wagters het weggehardloop en dit in die dorp en op die plase gaan vertel. Die mense het kom kyk wat daar gebeur het.

Lees volledige hoofstuk Markus 5