Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 5:27-33 Afrikaans 1983 (AFR83)

27. Sy het van Jesus gehoor en in die gedrang nader gekom en van agter af aan sy klere geraak,

28. want sy het gedink: as ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word.

29. En dadelik het die bron van haar bloedvloeiing opgedroog, en sy kon aan haar liggaam agterkom dat sy van haar kwaal ontslae was.

30. Jesus het ook self onmiddellik geweet dat daar van Hom krag uitgegaan het. Hy het Hom in die gedrang omgedraai en gevra: “Wie het aan my klere geraak?”

31. Sy dissipels het Hom geantwoord: “U sien tog dat die mense van alle kante af teen U druk, en dan vra U nog: Wie het aan My geraak?”

32. Hy het rondom Hom gekyk om te sien wie dit gedoen het.

33. Die vrou het geskrik en gestaan en bewe, want sy het besef wat met haar gebeur het. Sy het toe voor Hom op haar knieë kom val en vir Hom haar hele geskiedenis vertel.

Lees volledige hoofstuk Markus 5