Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 5:1-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Daarna het hulle oorkant die see in die land van die Geraseners aangekom.

2. Net toe Jesus uit die skuit klim, het daar van die grafte af 'n man met 'n onrein gees Hom tegemoet gekom.

3. Die man het tussen die grafte gebly. Niemand kon hom selfs met 'n ketting vasbind nie,

4. want hulle het hom al dikwels met voet- en handboeie vasgemaak, maar dan ruk hy die handboeie uitmekaar en skop die voetboeie stukkend. Niemand kon hom baasraak nie.

5. Hy was dag en nag aan die skreeu tussen die grafte en in die berge, en dan kap hy homself met klippe.

6. Hy het Jesus al van ver af gesien en nader gehardloop. Hy het voor Hom neergeval

Lees volledige hoofstuk Markus 5