Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 4:5-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. 'n Ander deel daarvan het op 'n klipbank geval, waar daar nie baie grond was nie. Dit het gou opgekom, omdat die grond nie diep was nie.

6. Maar toe die son warm word, is dit verskroei, en omdat dit nie wortel geskiet het nie, het dit verdroog.

7. 'n Ander deel het tussen die onkruid geval. Die onkruid het opgekom en dit laat verstik, en dit het nie saad geskiet nie.

8. Die ander saad het in goeie grond geval, en dit het opgekom, gegroei en 'n oes gelewer. Party het dertigvoudig gedra, ander sestig- en nog ander honderdvoudig.”

9. Verder het Hy gesê: “Wie ore het en kan hoor, moet luister!”

10. Toe hulle alleen was, het die mense wat saam met die twaalf by Hom was, Hom oor die gelykenisse uitgevra,

11. en Hy het vir hulle gesê: “Aan julle is die insig in die geheim van die koninkryk van God gegee; maar vir dié wat daarbuite is, bly alles net by gelykenisse,

12. sodat“hulle kyk en kyk en tog nie sien nie,en hoor en hoor en tog nie verstaan nie,dat hulle hulle nie miskien bekeer en vergewe word nie.”

13. Hy sê toe vir hulle: “Julle begryp nie eens hierdie gelykenis nie. Hoe sal julle dan al die ander gelykenisse kan verstaan?

Lees volledige hoofstuk Markus 4