Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 4:26-30 Afrikaans 1983 (AFR83)

26. Verder het Hy gesê: “Met die koninkryk van God gaan dit só: Iemand saai die saad op die land

27. en gaan slaap en staan op, dag na dag, en die saad ontkiem en groei — hóé weet hy self nie.

28. Vanself bring die aarde die graan voort, eers 'n halm, dan 'n aar, dan die vol koringaar.

29. En wanneer die graan ryp is, steek hy dadelik die sekel in, omdat die oestyd daar is.”

30. Hy het ook gesê: “Hoe sal ons die koninkryk van God voorstel, of met watter gelykenis sal ons dit uitbeeld?

Lees volledige hoofstuk Markus 4