Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 4:16-27 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. Daar is mense by wie daar soos op klipbanke gesaai word: sodra hulle die woord hoor, neem hulle dit met blydskap aan.

17. Hulle laat dit egter nie in hulle wortel skiet nie en hou nie lank uit nie. As hulle daarna ter wille van die woord verdruk of vervolg word, word hulle gou afvallig.

18. Daar is mense by wie daar soos tussen die onkruid gesaai word. Dit is hulle wat die woord hoor,

19. maar die sorge van die lewe en die verleiding van rykdom en die begeertes na allerhande ander dinge kom op en verstik die woord, en dit bly sonder vrug.

20. Dan is daar die mense by wie daar soos op goeie grond gesaai is, wat die woord hoor en aanvaar en vrug voortbring, party dertig-, party sestig- en party honderdvoudig.”

21. Hy het vir hulle gesê: “'n Lamp kom mos nie onder 'n emmer of onder 'n bed nie? Is dit nie bedoel om op 'n staander gesit te word nie?

22. Daar is geen geheim nie, of dit moet openbaar gemaak word; en daar word niks geheim gehou nie, of dit moet aan die lig kom.

23. As iemand ore het en kan hoor, moet hy luister!”

24. Hy het ook vir hulle gesê: “Gee aandag aan wat julle hoor! Want met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word en daar sal vir julle nog toegevoeg word.

25. Wie het, vir hom sal daar nog meer gegee word; en wie nie het nie, van hom sal ook die bietjie wat hy het, weggevat word.”

26. Verder het Hy gesê: “Met die koninkryk van God gaan dit só: Iemand saai die saad op die land

27. en gaan slaap en staan op, dag na dag, en die saad ontkiem en groei — hóé weet hy self nie.

Lees volledige hoofstuk Markus 4