Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 3:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Jesus het weer na die sinagoge toe gegaan. Daar was 'n man met 'n gebreklike hand.

2. Die Fariseërs het vir Jesus dopgehou om te sien of Hy hom op die sabbatdag sou gesond maak, sodat hulle vir Jesus daaroor kon aankla.

3. Hy sê toe vir die man met die gebreklike hand: “Staan op hier tussen hulle!”

4. Daarna vra Hy vir hulle: “Mag 'n mens op die sabbatdag goed doen of kwaad doen, iemand red of doodmaak?”Hulle het egter niks gesê nie.

5. Hy het hulle rondom Hom kwaad aangekyk en was diep bedroef oor hulle verhardheid. Hy sê toe vir die man: “Steek jou hand uit!”Hy het sy hand uitgesteek en dit was gesond.

6. Die Fariseërs het uitgegaan en dadelik met die Herodiane 'n komplot teen Jesus gesmee om Hom om die lewe te bring.

7. Jesus het toe met sy dissipels teruggegaan na die see toe. 'n Menigte mense het van Galilea af agter Hom aan gegaan. Ook van Judea af,

8. en uit Jerusalem en van Idumea en van oorkant die Jordaan en van rondom Tirus en Sidon af, het daar baie mense na Hom toe gekom toe hulle hoor wat Hy alles doen.

Lees volledige hoofstuk Markus 3