Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 14:63-68 Afrikaans 1983 (AFR83)

63. Toe skeur die hoëpriester uit verontwaardiging sy klere en sê: “Waarvoor het ons nog getuies nodig?

64. Julle het die godslastering gehoor. Hoe lyk dit vir julle?”Hulle het Hom eenparig veroordeel: “Hy verdien die dood!”

65. Party van hulle het begin om op Hom te spoeg. Hulle het sy oë toegebind, Hom met die vuis geslaan en vir Hom gesê: “Profeteer 'n bietjie!”Ook die wagte het Hom geklap toe hulle Hom wegvat.

66. Terwyl Petrus onder in die binnehof was, kom een van die hoëpriester se diensmeisies daar.

67. Toe sy vir Petrus sien, besig om hom warm te maak, kyk sy na hom en sê: “Jy was ook saam met die man van Nasaret, die Jesus.”

68. Hy het dit egter ontken deur te sê: “Ek ken Hom nie en ek verstaan ook nie wat jy sê nie.” Toe het hy na die deur se kant toe gestaan. En daar het 'n haan gekraai.

Lees volledige hoofstuk Markus 14