Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 13:27-37 Afrikaans 1983 (AFR83)

27. En dan sal Hy die engele uitstuur om sy uitverkorenes bymekaar te bring uit die vier windstreke, van die een kant van die aarde af tot by die ander kant.”

28. “Leer dit van die vyeboom as voorbeeld: wanneer sy takke al sag word en hy blare kry, weet julle die somer is naby.

29. So moet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, weet dat die tyd naby is, voor die deur.

30. Dit verseker Ek julle: Nog in die leeftyd van hierdie geslag sal dit alles gebeur.

31. Die hemel en die aarde sal vergaan, maar my woorde nooit.”

32. “Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, selfs nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit.

33. Wees op julle hoede; wees waaksaam, omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie.

34. Dit is soos 'n man wat ver weggegaan en sy huis onder beheer van sy slawe gelaat het. Hy het vir elkeen sy werk gegee en die deurwagter beveel om waaksaam te bly.

35. Bly dus waaksaam, omdat julle nie weet wanneer die huiseienaar kom nie, in die aand of middernag of met hanekraai of die môre vroeg nie,

36. sodat wanneer hy onverwags kom, hy julle nie aan die slaap kry nie.

37. En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Bly waaksaam!”

Lees volledige hoofstuk Markus 13