Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 12:35-44 Afrikaans 1983 (AFR83)

35. Jesus het toe voortgegaan om die mense in die tempel te leer, en Hy het vir hulle gesê: “Hoe is dit dat die skrifgeleerdes sê dat die Christus die seun van Dawid is?

36. Dawid self het deur die ingewing van die Gees gesê:“ ‘Die Here het vir my Here gesê:Sit aan my regterhandtotdat Ek jou vyande aan jou onderwerp het.’

37. “Dawid self noem Hom ‘Here’; hoe kan Hy dan sy seun wees?”Die groot menigte mense het graag na Hom geluister.

38. Terwyl Jesus die mense leer, het Hy gesê: “Pas op vir die skrifgeleerdes, wat daarvan hou om met swierige klere rond te stap en om op straat begroet te word,

39. wat die voorste sitplekke in die sinagoges en die ereplekke by die feesmaaltye wil hê.

40. Hulle palm die huise van die weduwees in en sê vir die skyn lang gebede op. Hulle sal baie swaar gestraf word.”

41. Jesus het toe regoor die offergawekis gaan sit en kyk hoe die mense geld daar ingooi. Baie ryk mense het baie geld ingegooi.

42. Daar het toe 'n arm weduwee gekom en twee muntstukkies ingegooi. Dit was baie min werd.

43. Hy het sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “Dit verseker Ek julle: Hierdie arm weduwee het meer ingegooi as al die ander mense wat iets in die offergawekis gegooi het.

44. Hulle het almal uit hulle oorvloed iets ingegooi, maar sy het in haar gebrek alles ingegooi wat sy gehad het, alles waarvan sy moes lewe.”

Lees volledige hoofstuk Markus 12