Ou Testament

Nuwe Testament

Markus 12:1-10 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Jesus het voortgegaan om in gelykenisse met hulle te praat en gesê: “'n Man het 'n wingerd aangeplant en 'n klipmuur daar rondom gebou. Hy het daarin ook 'n parskuip uitgekap en 'n wagtoring opgerig. Toe het hy dit aan boere verhuur en daarvandaan weggegaan.

2. Op die vasgestelde tyd het hy 'n slaaf na die boere toe gestuur om by hulle sy deel van die wingerd se opbrengs te kry.

3. Hulle het hom egter gegryp en geslaan en met leë hande weggejaag.

4. Daarna het hy 'n ander slaaf na hulle toe gestuur. Hulle het hom oor die kop geslaan en hom uitgeskel.

5. Hy het nog 'n ander een gestuur en vir hom het hulle doodgemaak. Later het hy nog baie ander gestuur; hulle het party geslaan en ander doodgemaak.

6. Hy het nog net een oorgehad, sy geliefde seun. Heel laaste het hy hom na hulle toe gestuur met die gedagte: hulle sal tog my seun ontsien.

7. Maar daardie boere het vir mekaar gesê: ‘Dit is die erfgenaam dié. Kom ons maak hom dood; dan sal die erfenis ons s'n wees.’

8. Hulle het hom toe gegryp en doodgemaak en hom uit die wingerd uitgegooi.

9. “Wat dink julle sal die eienaar van die wingerd nou doen? Hy sal kom en die boere om die lewe bring en die wingerd vir ander mense gee.

10. Julle het tog al in die Skrif gelees:“Die klip wat deur die bouers afgekeur is,juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword.

Lees volledige hoofstuk Markus 12