Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 9:58-62 Afrikaans 1983 (AFR83)

58. Toe sê Jesus vir hom: “Jakkalse het gate en voëls het neste, maar die Seun van die mens het nie eens 'n rusplek vir sy kop nie.”

59. Aan 'n ander een sê Hy: “Volg My.”Maar hy antwoord: “Here, laat my toe om eers terug te gaan om my pa te begrawe.”

60. Toe sê Jesus vir hom: “Laat die dooies hulle eie dooies begrawe, maar gaan verkondig jy die koninkryk van God.”

61. Nog een het gesê: “Ek sal U volg, Here, maar laat my toe om eers my familie by die huis te gaan groet.”

62. Toe sê Jesus: “Iemand wat die hand aan die ploeg slaan en aanhou omkyk na wat agter is, is nie geskik vir die koninkryk van God nie.”

Lees volledige hoofstuk Lukas 9