Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 9:53-62 Afrikaans 1983 (AFR83)

53. Maar die inwoners wou Hom nie ontvang nie, omdat Hy na Jerusalem toe op pad was.

54. Toe die twee dissipels, Jakobus en Johannes, dit sien, sê hulle: “Here, wil U hê ons moet vuur uit die hemel afroep om hulle te verteer?”

55. Maar Hy het omgedraai en hulle skerp tereggewys.

56. Daarna het hulle die reis voortgesit na 'n ander dorp toe.

57. Terwyl hulle op pad was, sê iemand vir Hom: “Ek sal U volg waar U ook al gaan.”

58. Toe sê Jesus vir hom: “Jakkalse het gate en voëls het neste, maar die Seun van die mens het nie eens 'n rusplek vir sy kop nie.”

59. Aan 'n ander een sê Hy: “Volg My.”Maar hy antwoord: “Here, laat my toe om eers terug te gaan om my pa te begrawe.”

60. Toe sê Jesus vir hom: “Laat die dooies hulle eie dooies begrawe, maar gaan verkondig jy die koninkryk van God.”

61. Nog een het gesê: “Ek sal U volg, Here, maar laat my toe om eers my familie by die huis te gaan groet.”

62. Toe sê Jesus: “Iemand wat die hand aan die ploeg slaan en aanhou omkyk na wat agter is, is nie geskik vir die koninkryk van God nie.”

Lees volledige hoofstuk Lukas 9