Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 9:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Jesus het die twaalf bymekaargeroep en aan hulle mag en gesag gegee om alle bose geeste uit te dryf en siektes te genees.

2. Toe het Hy hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak.

3. Hy het vir hulle gesê:“Moet niks vir die pad saamvat nie, nie 'n kierie of 'n reissak of brood of geld of nog 'n kledingstuk nie.

4. En as julle in 'n huis tuis gaan, bly dan in dieselfde huis totdat julle die reis voortsit.

5. As daar mense is wat julle nie wil ontvang nie, moet julle van so 'n plek af weggaan en die stof van julle voete afskud as aanklag teen hulle.”

6. Hulle het toe vertrek en van die een dorp na die ander gegaan om oral die evangelie te verkondig en siekes gesond te maak.

7. Herodes, die heerser, het gehoor van al die dinge wat gebeur, en hy was in die war omdat party mense gesê het: “Johannes is uit die dood opgewek;”

Lees volledige hoofstuk Lukas 9