Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 8:6-14 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. 'n Ander deel het op 'n klipbank geval, en nadat dit opgekom het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie.

7. Nog 'n ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het daarmee saam gegroei en dit laat verstik.

8. Daar was ook 'n deel wat in goeie grond geval het, en dit het opgekom en 'n honderdvoudige oes gelewer.”Toe Hy dit gesê het, roep Hy uit: “Wie ore het en kan hoor, moet luister!”

9. Sy dissipels het Hom gevra wat die betekenis van hierdie gelykenis is.

10. Hy het geantwoord: “Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van God te ken, maar vir die ander bly dit by gelykenisse sodat“hulle kyk sonder om te sienen hoor sonder om te verstaan.”

11. “Die betekenis van die gelykenis is dit: Die saad is die woord van God.

12. Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof kom en gered word nie.

13. Dié wat op die klipbank val, dui op hulle wat die woord met blydskap aanneem wanneer hulle dit hoor, maar dit skiet nie wortel nie. Hulle geloof hou net 'n tydjie. Die oomblik dat dit op die proef gestel word, gee hulle moed op.

14. Die saad wat tussen die onkruid val, dui op dié wat die woord hoor, maar deur die sorge en die rykdom en die genietinge van die lewe word dit gaandeweg verstik, en dit skiet nie saad nie.

Lees volledige hoofstuk Lukas 8