Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 21:23-33 Afrikaans 1983 (AFR83)

23. “Dit sal bitter swaar gaan met die vrouens wat in daardie tyd swanger is en met dié wat nog klein kindertjies het, want daar sal groot nood in die land heers, en God sal hierdie volk straf.

24. “Sommige sal deur die swaard val en ander as krygsgevangenes na al die nasies toe weggevoer word. Jerusalem sal deur die heidennasies vertrap word totdat ook hulle tyd verby is.”

25. “Daar sal tekens wees aan son, maan en sterre. Op aarde sal daar radeloosheid onder die volke wees uit angs vir die gebulder van die see en sy vloedgolwe.

26. Die mense sal beswyk van vrees en spanning oor die dinge wat oor die hele wêreld aan die kom is, want die kragte van die hemelruim sal ontwrig word.

27. En dan sal hulle die Seun van die mens met groot krag en majesteit op 'n wolk sien kom.

28. As hierdie dinge begin gebeur, staan dan regop en lig julle kop op, want dan is julle verlossing naby.”

29. Toe vertel Hy hulle 'n gelykenis: “Let op die vyeboom en al die ander bome.

30. Sodra julle sien dat hulle begin uitloop, weet julle vanself dat die somer al naby is.

31. Net so moet julle ook, wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, weet dat die koninkryk van God naby is.

32. Dit verseker Ek julle: Nog in die leeftyd van hierdie geslag sal al hierdie dinge gebeur.

33. Die hemel en die aarde sal vergaan, maar my woorde nooit.”

Lees volledige hoofstuk Lukas 21