Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 20:41-47 Afrikaans 1983 (AFR83)

41. Maar Jesus het vir hulle gevra: “Hoe kan hulle sê dat die Christus die seun van Dawid is?

42. Dawid sê tog self in die boek van die Psalms:“Die Here het vir my Here gesê:Sit aan my regterhand

43. totdat Ek jou vyandeaan jou onderwerp het.

44. “Dawid noem Hom dus ‘Here’; hoe kan Hy dan sy seun wees?”

45. Terwyl die hele volk na Jesus luister, sê Hy vir sy dissipels:

46. “Pas op vir die skrifgeleerdes, wat graag met hulle deftige klere aan rondstap. Hulle hou van die begroetings op straat, die voorste banke in die sinagoges en die ereplekke by die maaltye.

47. Dit is hulle wat die huise van die weduwees inpalm en vir die skyn lang gebede opsê. Hulle sal baie swaar gestraf word.”

Lees volledige hoofstuk Lukas 20