Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 20:34-46 Afrikaans 1983 (AFR83)

34. Jesus sê vir hulle: “In hierdie wêreld trou die mense met mekaar,

35. maar dié wat waardig geag is om deel te hê aan die toekomstige wêreld en aan die opstanding uit die dood, trou daar nie meer nie.

36. Hulle kan ook nie meer sterwe nie; hulle is soos die engele. Hulle is kinders van God, omdat hulle uit die dood opgestaan het.

37. Dat die dooies opgewek word, het Moses ook aangedui waar hy in die gedeelte oor die doringbos praat van ‘die Here, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob’.

38. Hy is nie 'n God van dooies nie maar van lewendes, want by Hom leef hulle almal.”

39. Toe sê sommige van die skrifgeleerdes: “Meneer, u het goed geantwoord.”

40. Hulle het nie meer gewaag om Hom 'n enkele vraag te stel nie.

41. Maar Jesus het vir hulle gevra: “Hoe kan hulle sê dat die Christus die seun van Dawid is?

42. Dawid sê tog self in die boek van die Psalms:“Die Here het vir my Here gesê:Sit aan my regterhand

43. totdat Ek jou vyandeaan jou onderwerp het.

44. “Dawid noem Hom dus ‘Here’; hoe kan Hy dan sy seun wees?”

45. Terwyl die hele volk na Jesus luister, sê Hy vir sy dissipels:

46. “Pas op vir die skrifgeleerdes, wat graag met hulle deftige klere aan rondstap. Hulle hou van die begroetings op straat, die voorste banke in die sinagoges en die ereplekke by die maaltye.

Lees volledige hoofstuk Lukas 20