Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 2:28-42 Afrikaans 1983 (AFR83)

28. het Simeon Hom in sy arms geneem en God geprys en gesê:

29. “Here, laat u dienaar nouin vrede gaan volgens u woord,

30. omdat my oë u verlossing gesien het

31. wat U gereed gemaak hetvoor die oë van al die volke:

32. 'n lig tot verligting van die nasiesen tot eer van u volk Israel.”

33. Sy vader en moeder was verwonderd oor die dinge wat van Hom gesê is.

34. Simeon het hulle geseën en vir Maria, sy moeder, gesê: “Kyk, hierdie Kindjie is bestem tot 'n val en 'n opstanding van baie in Israel en tot 'n teken wat weerspreek sal word.

35. So sal die gesindheid van baie mense aan die lig kom. En wat jou betref, 'n swaard sal deur jou siel gaan.”

36. Daar was ook 'n profetes, Anna, 'n dogter van Fanuel uit die stam Aser. Sy was al baie oud. As jong vrou was sy sewe jaar getroud, en na haar man se dood

37. het sy weduwee gebly. Sy was nou al vier en tagtig jaar oud. Sy het nie van die tempel af weggebly nie en het God dag en nag gedien deur te vas en te bid.

38. Juis op daardie oomblik het sy nader gekom en God gedank en oor die Kindjie gepraat met almal wat na die verlossing van Jerusalem uitgesien het.

39. Toe Josef-hulle alles nagekom het wat die wet van die Here voorskryf, het hulle na Galilea toe teruggegaan, na hulle eie dorp, Nasaret.

40. Die Kindjie het gegroei en sterk geword, en Hy was vol wysheid, en die genade van God was op Hom.

41. Jesus se ouers het elke jaar vir die paasfees Jerusalem toe gegaan.

42. Toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle weer soos gebruiklik daarheen gegaan vir die fees.

Lees volledige hoofstuk Lukas 2