Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 19:46-48 Afrikaans 1983 (AFR83)

46. Hy het vir hulle gesê: “Daar staan geskrywe: ‘My huis sal 'n huis van gebed wees,’ maar julle het dit 'n rowersnes gemaak.”

47. Hy was elke dag in die tempel besig om die mense te leer. Intussen het die priesterhoofde en die skrifgeleerdes, en ook die leiers van die volk, 'n plan gesoek om Hom dood te maak.

48. Hulle kon egter niks vind wat uitvoerbaar was nie, omdat die hele volk gretig na Hom geluister het.

Lees volledige hoofstuk Lukas 19